Op skool het ek nogal belanggestel om soms potloodsketse te maak, maar niks ernstig nie. Ek het gaan studeer en my beroep begin beoefen. Na 20 jaar verander ek van rigting en het skielik meer tyd op hande en soek iets om as nuwe stokperdjie te beoefen. Na vele oorwegings besluit ek om op 51 jarige ouderdom my hand aan die kwas te waag en skilder klasse te neem. Ek het geen begeerte om landskappe of blomme te skilder nie.  Omdat ek baie ingestel is op mense, is my vrou se voorstel dat ek portretstudies doen. Dit het onmiddellik in my binneste ‘n opflikkering veroorsaak en ek is na “The Artshop” toe onderweg met ‘n foto van my vrou in die hand en die begeerte om iets nuuts te probeer.

Die reis het begin.